Comments from the Children

This letter is from the Vulnerable Children from Carletonville Deurgangshuis: Goeie dag, Erika, Jong hier is alweer ‘n week verby waarin julle so op my hart gele het oor ek julle nog so groot groot dankie skuld. Darem kom ek nou daarby en het my spannetjie by Deurgangshuis ook vir julle ‘n groot dankie gestuur. Ek dink die mammas was so oorweldig deur die mooi geskenkies en julle vrygewigheid dat hulle nou nog nie uitgepraat kan raak oor die lekker dag wat hulle beleef het. Namens SAVF Deurgangshuis wil ek vir jou en al julle werkers en almal wat die dag so spesiaal vir hulle gemaak het, net ‘n baie groot dankie se en namens ons aan almal wat betrokke was sal oordra. Van die kinders se kant af was springkasteel en die lekker speel die groot ding waaroor hulle nie uitgepraat kan raak nie, en natuurlik ook die kersvader wat soveel mooi speelgoed gebring het. Van die mammas wat nie saam was nie het laat weet dat ek baie dankie moet se vir die skryfbehoeftes omdat dit hulle so baie help vir Januarie se terug skool toe. Weereens dankie vir die groot beplanning, kreatiewe idees, harde werk en kostes wat julle aangegaan het om die dag vir ons so spesiaal te maak. Ons waardeer julle baie. Kersfees groete vir almal met ons mooiste wense vir ‘n wonderlike.

Groete, Judy Swanepoel GEREGISTREERDE MAATSKAPLIKE WERKER SAVF Carletonville Deurgangshuis This letter below is from Home Belinda Thank you letter from children at Home Belinda